Mar
19
2017
Dit was heerlik om saam met my kinders van 22/08/16 op Kierieklapper te kuier! Dws Jakob Jordaan en my dogter Ingrid. Asook nog ‘n dogter en skoonseun Greta En Deric Madgwick. Ook my kleindogter en haar man Pieter Loock en twee agterkleinkinders! Die wildtuin was baie droog maar desnieteenstaande was die diere selfs van die gastehuis se stoep af te sien. Die geriewe was voortreflik. Dit was ‘n heerlike tyd van ontspanning en ek sal weer so ‘n geleentheid aangryp as dit hom voordoen! Alle voorspoed vir die toekoms!! Dit is aanbevelingswaardig!